top of page

BIOGRAFIE

Hennie Meyer neem deel aan die Sasol Nuwe Handtekeninge kompetisie in 2007 met die gedig 'Onder die Belt'.

 

Hy het sy eerste uitstalling van sy konkrete gedigte by die Tina Skukan galery in 2008.

Daarna stal hy ook uit by Woordpoort  en by die Melville Poetry Festival.

 

In 2009 neem hy deel aan die projek ' Oor die einders van die bladsy' van die Noordwes Universiteit. 

 

In 2010 is van sy verse gepubliseer in Nuwe Stemme 4 deur Tafelberg Uitgewers.

 

Hy woon in Pretoria en werk by Unisa.

Contact
bottom of page